| Wat is VakansieRande?
VakansieRande is die ATKV se nuwe voordeleprogram waar lede sowel as nie-lede afslag kan verdien op verblyf by enige van die ses ATKV-oorde. Die idee is dat jou huishoudelike uitgawes vir jou vakansie betaal.
Dis eenvoudig!
1. Registreer by die ATKV op die program
2. Plaas jou huislening en/of korttermynversekering by Absa en verdien VakansieRande
3. Geniet jou afslag by enige van die ATKV-oorde
VakansieRande word ooreenkomstig die bepalings en voorwaardes toegeken.
1 VakansieRand = R1 afslag
Hoe word VakansieRande toegewys?
Op huislenings by Absa:
• 'n Eenmalige toekenning van 0.4% van die waarde van jou nuwe, oorgeplaaste of die verhoogde gedeelte van jou bestaande huislening.
• Met 'n nuwe verband kry jy 30% afslag op prokureursfooie, en wanneer jy jou huidige huislening oorplaas na Absa, spring jy die regskostes vir prokureurs heeltemal vry.
• 'n Kwartaallikse bonustrekking waar 'n totaal van 20 000 VakansieRande aan tot vier nuwe huisleningkliënte toegewys word.
Op korttermynversekering by Absa:
• 'n Jaarlikse VakansieRande-bonus word verklaar.
• 'n Kwartaallikse bonustrekking waar �n totaal van 10 000 VakansieRande aan tot vyf nuwe korttermynversekeringskliënte toegewys word.
Hoe kan VakansieRande gebruik word?
VakansieRande is bykomend tot bestaande ledevoordele. Dus sal lede-afslag by die oorde eers bereken word, waarna VakansieRande as verdere afslag gebruik kan word.
Indien jy nog VakansieRande oorhou, sal die balans oorgedra word vir soortgelyke afslag op 'n volgende vakansie.
Vir meer inligting oor ATKV-ledevoordele en lidmaatskap, besoek ons webwerf by
www.atkv.org.za. |